Newborn Session: Jolandie, Francois & Franco / Silver Lakes

Franco Gideon Greyling, het sy verrassings-aankoms gemaak op 3 November 2018! Die pragtige seuntjie het so week vroeër gearriveer as wat sy mamma en pappa verwag het… maar nou ja, daar is so min verrassings in die lewe, dat hierdie ‘n baie welkom was!

Die klein mannetjie het só goed gevaar in sy fotosessie! Amper die hele tyd geslaap en het sommer so al slapend ons harte gesteel!

Jy is welkom in ons wêreld Franco! Ons is so bly jy is hier!