Beautiful Belly: Jolandie & Francois / Silver Lakes / Maternity

Jolandie en Francois is een van daardie paartjies wat jou net laat glimlag! Hulle is lief vir mekaar en dit straal behoorlik uit hulle uit. Hoe gelukkig gaan hierdie nuwe Geskenkie wees om verwelkom te word in ‘n huis waar sy pappa en mamma so lief is vir mekaar… een van die grootste geskenke wat enige ouerpaar vir hulle kind kan gee…

Jolandie en Francois verwag ‘n seuntjie, wie hulle Franco gaan noem; n mooi sterk naam! Franco beteken “Free One” en mag hy ‘n vrydenker wees wat ten volle gaan leef en nie vasgevang gaan word deur die sosiale verwagtinge van die samelewing nie, maar dat hy sal wees wie die Skepper bedoel het vir hom om te wees.